|
TWEE LIEDJIES VAN IAN IS REEDS
OP DIE BAY FM 107.9 SPEELLYS:
 |
WEGBREEKTYD (SLOW, SLOW, QUICK, QUICK SLOW …) |
 |
KNYSNABOSROCK |
EN BO – EN BEHALWE DIE LIEDJIES
WAT REEDS OP BAY FM SE SPEELLYS HET IAN REEDS DIE VOLGENDE
BEREIK:
IAN HET REEDS SY EERSTE ALBUM “OP PAD” UITGEREIK.
AL DIE LIEDJIES OP SY ALBUM “OP PAD?” IS DEUR HOMSELF, MARA
VENTER OF SAREL BOTHA GESKRYF.
IAN HET REEDS VERSKEIE RADIO-ONDERHOUDE OOR BAY FM 107.9 EN
RAINBOW FM GEDOEN.
DIE VERNAAMSTE KUNSTENAARS SAAM MET WIE HY OPGETREE HET IS:
KURT DARREN, HEINZ WINKLER, NICHOLIS LOUW, CARIKE KEUZENKAMP,
JAKKIE LOUW, THYS DIE BOSVELDKLONG, ROBBIE WESSELS, STEF
KRUGER EN ARNO JORDAAN.
IAN HET SEDERT JANUARIE 2005 MEER AS 40 OPTREDES GEDOEN BY
BEKENDE VENUES SOOS VOALIM SE PIESATA’s IN PORT ELIZABETH,
JEFFREYSBAAI AMFITEATER, MMM LOUBSER OUDITORIUM IN PORT
ELIZABETH, VERSKEIE FEESTE (KKNK INGESLUIT), EN VERSKEIE
DORPE REGOOR SUID-AFRIKA. IAN IS LID VAN VOALIM (‘N
VERENIGING VIR DIE BEVORDERING VAN DIE SKEP VAN
OORSPRONKLIKE AFRIKAANSE LIGTE MUSIEK).
En hier is ‘n persoonlike briefie van Ian Venter:
Hi almal,
Om te kan sing, is en bly 'n opwindende ervaring vir my, en
as ek dit met ander kan deel, soveel te beter! Dus maak ek
graag op hierdie manier nader kennis:
Ian
NAAM
Ian Venter
VERSOT OP
Sing, Dans en Die verhoog
BEKWAAMHEDE WAT SANG BETREF
Ek is heeltemal in staat om as hoof of gaskunstenaar op te
tree, aangesien ek oor 'n repertoire beskik wat in heelwat
smake
val Afrikaans, sowel as Engels.
VOORKOMS
Soos wat ek gesteld is daarop om my beste sang te lewer elke
keer as ek op die verhoog gaan, net so is ek op my voorkoms
gesteld.
CD
"Op Pad" is my debuut CD wat Januarie 2005 die lig gesien
het met dertien oorspronklike Afrikaanse snitte uit my eie
pen,
uit die pen van Mara Venter, asook Sarel Botha.
STYL VAN AANBIEDING
Energieke weergawes van liedjies wat pas in daardie styl,
asook ballades en lirieke wat die gees voed.
VIR WIE WIL EK VERMAAK?
Oud en jonk
VOORVERTONINGS REEDS DEUR MY BEHARTIG
2004/2005/2006
* Kurt Darren (x2)
* Heinz Winckler
* Nicholis Louw (x3)
* Carike Keuzenkamp
* Jakkie Louw
* Arno Jordaan
* Robbie Wessels (x2)
* Thys die Bosveldklong
* Stef Kruger (x3)
* Soli Philander
* Wicus v/d Merwe (x2)
* Zak van Niekerk
* Jennifer Zamudio
KOMPETISIES
Ek het verskeie kere goed presteer in kompetisies wat deur
Die Burger, die ATKV en ander instansies aangebied word en
behaal,
onder andere, eerste en tweede plekke. Ek het ook
deurgedring na die semi-finaal van die Supersterre
kompetisie wat deur
Patricia Lewis geloods is.
ANDER PLUSPUNTE
My liedjie "Wegbreektyd" geniet speeltyd op Bay FM. Liedjies
soos “Knysnabosrock” en “Ek en Jy” is van die liedjies wat
op
die Uitsaaines wêreldwyd blootstelling geniet. Het al
verskeie danse gechoreografeer. Menigmale verskyn as
seremoniemeester
by onder andere die Mnr. en Mej. Hoërskool Despatch. Was
deel van die top 5 Plusster Geselskap in 2005 wat verskeie
voorvertonings in die Oos-Kaap behartig het. Tree op as
beoordelaar by die uitdunrondte van die Frans Conradie
sangkompetisie
2006.
FEESTE EN OPTREDES
KKNK, LANGKLOOFFEES, WILDSFEES, BILTONGFEES, GATSKOP
KWAGGAFEES, KARRIEFEES, BERGBOHAAIFEES, SKULPIESFEES, BAY FM
OPSKOP,
COUNTRYFEES, BKB TOP 10 GLANSGELEENTHEID, VERSKEIE VLV EN
ATKV FUNKSIES. |